Sedert 1903.
Met ‘n goeie balans van tegnologie en opvoeding, plaas Laerskool Fairland ‘n sterk fokus op die erkenning en ontwikkeling van elke kind se unieke talente en vaardighede.
Met 121 jaar se ondervinding het ons ‘n wenresep gekweek. Laerskool Fairland is nie net ‘n plek van leer nie, maar ‘n huis waar elke kind se groei en potensiaal gekoester word.
Ons skool:
Iets vir elke leerder:
Graad R-sentrum:
Fairland-familie
Ons mentor,
Voorwoord van ons Hoof!
Welkom by Laerskool Fairland!
Dit is ’n voorreg om u te verwelkom op ons webtuiste – ’n digitale venster na die hart en gees van Laerskool Fairland.
By Laerskool Fairland is ons toegewyd aan die skep van ’n omgee- en ondersteunende leeromgewing waar elke leerder as ’n unieke individu erken en waardeer word. Ons glo dat ware opvoeding verder strek as akademiese prestasie alleen, en fokus doelbewus op die ontwikkeling van noodsaaklike lewensvaardighede wat ons leerders toerus om met selfvertroue en integriteit in ’n moderne wêreld te floreer.
Ons streef daarna om ’n skool te wees waar elke leerder veilig en geborge voel, deur ’n positiewe en stimulerende kultuur te handhaaf, skep ons ‘n ruimte waarin groei moontlik is, want in die skool van die lewe is daar elke dag nuwe geleenthede om te leer en te ontwikkel.
Laerskool Fairland is die tuiste van ’n passievolle en toegewyde span opvoeders wat daagliks strewe na uitnemendheid. Ons kinders word nie net onderrig nie, maar ook geïnspireer om hul volle potensiaal te bereik en met selfvertroue hul plek in die wêreld in te neem.
Ons is besonder trots en nederig dankbaar op ons prestasies op verskeie gebiede. In 2025 is Laerskool Fairland aangewys as die beste Netbalskool in Gauteng, ’n bewys van ons toewyding en spanwerk. Verder is ons herwinningsprojek sterk op dreef, met leerders wat aktief bewus gemaak en opgelei word oor volhoubaarheid en omgewingsverantwoordelikheid. Ons moderne sonkrag- en batterystelsel verseker dat Laerskool Fairland selfs tydens kragonderbrekings ononderbroke kan funksioneer, terwyl ons doelgerig belê in ’n groener, slimmer en meer volhoubare toekoms vir ons leerders.
Ons nooi u uit om ons beter te leer ken, ons TIER-waardes te omhels en saam met ons te bou aan ’n toekoms vol moontlikhede vir elke leerder by Laerskool Fairland.
Jou kinders sal word wie jy is – wees dus wie jy wil hê hulle moet wees.
— Anoniem
Dagboek die datum!
- 22 April 2026: Gr. R en 1 Opedag
- 30 Mei 2026: Fondsinsamelingfunksie
- 4-5 September 2026: Kuierfees
- 31 Julie – 1 Augustus 2026: Super- onniesimposium
- 11-12 Augustus 2026: Gr.7 deurgangseremonie
- 17 September 2026: Gr. R Oupa-en oumadag
- 22 September 2026: Kultier Glansuur
- 29 Oktober 2026: Dankfees
Ons Missie
Laerskool Fairland stel homself ten doel om elke kind se potensiaal te ontsluit deur ‘n waardestelsel wat hulle help ontwikkel in ‘n suksesvolle selfstandige leerder.
Daarbenewens streef ons daarna om kwaliteit opvoeding te voorsien deur dinamiese personeel wat deur ‘n bekwame beheerliggaam en betrokke ouers ondersteun word.
Ons Visie
Laerskool Fairland streef daarna om elke leerder se unieke karakter en talente optimaal te ontwikkel deur geleentheidskepping en liefdevolle leiding.
Ons Kernwaardes
Ons waardestelsel sluit die volgende beginsels in:
- respek
- mensliewendheid
- eerlikheid
- lojaliteit
- hoflikheid
- mededeelsaamheid
- selfdissipline
- nederigheid
- verdraagsaamheid
- pligsgetrouheid