Waar is dit lekker?
Hier is dit

"

Sedert 1903.

Met ‘n goeie balans van tegnologie en  opvoeding, plaas Laerskool Fairland ‘n sterk fokus op die erkenning en ontwikkeling van elke kind se unieke talente en vaardighede.

Met 121 jaar se ondervinding het ons ‘n wenresep gekweek. Laerskool Fairland is nie net ‘n plek van leer nie, maar ‘n huis waar elke kind se groei en potensiaal gekoester word.

Moet nie 'n Laerskool Fairland geleentheid mis nie, hou ons webtuiste dop.

Ons skool:

Iets vir elke leerder:

Ons mentor,

Voorwoord van ons Hoof!

Welkom by Laerskool Fairland!

Dit is ‘n voorreg om u te verwelkom op ons webtuiste, ‘n digitale venster na die harte en gees van ons skoolgemeenskap.

By Laerskool Fairland is ons toegewy aan die voorsiening van ‘n omgee-omgewing waar elke leerder as ‘n unieke individu erken word. Ons glo in die belangrikheid van die ontwikkeling van al die lewensvaardighede wat ons leerders nodig het om te floreer in ‘n moderne wêreld.

Ons strewe daarna om ‘n skool te wees waar elke leerder veilig en gewaardeerd voel. Deur ‘n geborge omgewing te handhaaf, skep ons ‘n ruimte waarin elke leerder kan groei, want “In die skool van die lewe is daar elke dag ‘n les om te leer en te groei!”

Ons skool is die tuiste van ‘n passievolle en toegewyde span opvoeders wat elke dag streef na uitnemendheid. By Laerskool Fairland word ons leerders nie net onderrig nie, maar hulle word geïnspireer om hul volle potensiaal te bereik.

Ons nooi u uit om ons te leer ken, ons waardes te omhels, en saam met ons te bou aan ‘n toekoms vol moontlikhede vir elke leerder by Laerskool Fairland.

“Jou kinders sal word wie jy is! Wees dus wie jy wil hê hulle moet wees!”  Anoniem

Willie Goosen
Hoof

Ons Missie

Laerskool Fairland stel homself ten doel om elke kind se potensiaal te ontsluit deur ‘n waardestelsel wat hulle help ontwikkel in ‘n suksesvolle selfstandige leerder.

Daarbenewens streef ons daarna om kwaliteit opvoeding te voorsien deur dinamiese personeel wat deur ‘n bekwame beheerliggaam en betrokke ouers ondersteun word.

Ons Visie

Laerskool Fairland streef daarna om elke leerder se unieke karakter en talente optimaal te ontwikkel deur geleentheidskepping en liefdevolle leiding.

Ons Kernwaardes

Ons waardestelsel sluit die volgende beginsels in:

  • respek
  • mensliewendheid
  • eerlikheid
  • lojaliteit
  • hoflikheid
  • mededeelsaamheid
  • selfdissipline
  • nederigheid
  • verdraagsaamheid
  • pligsgetrouheid