Wees deel van die Kuierfees
Ons Markie
Ons is opgewonde om weer ons jaarlikse mark as deel van Laerskool Fairland se geliefde Kuierfees aan te bied!
Ons nooi klein besighede, entrepreneurs en kreatiewe denkers uit om deel te word van die “Ons Markie”-familie.
Ons Markie-inligting…
4-5 September
4 September 2026: 15:00 – 21:00
5 September 2026: 07:00 – 15:00
Laerskool Fairland
145 Marketstraat, Fairland, Randburg, 2030.
Uitstallers sal gebruik maak van die “saalhek” in Cornelisstraat.
Stalletjie uitleg
- Alle stalletjies sal binne die skoolsaal opgerig word.
- Daar is geen kragpunte by die stalletjies beskikbaar nie.
- Spasie van stalletjies is ongeveer 2,3m x 2m
- Skool voorsien 1 staaltafel en 2 stoele
- Geen gazebo’s of dakkies nie
Stalletjiefooie
R650 per stalletjie spasie
(Ingesluit: 1 tafel en 2 stoele)
Verkopers se verantwoordelikheid
- Eie betaalmetodes (kontant, kaartmasjien, SnapScan, ens.)
- Beman jou eie stalletjie vir die duur van die mark.
- ’n Netjiese tafeldoek en aantreklike uitleg van jou stalletjie (onthou asseblief dat geen items teen die mure opgeplak mag word nie).
- Genoeg voorraad vir die volledige marktyd.
Belangrik om te onthou
- Daar is geen kragpunte by die stalletjies beskikbaar nie.
- Maak asseblief seker dat jy vir beide dae beskikbaar is voordat jy registreer. Deur aan te teken, bevestig jy dat jy vir beide dae beskikbaar sal wees.
-
Ons allokeer vir jou ‘n stalletjie. Daar sal ‘n tafel by jou stalletjie wees met jou naam op die tafel.
-
Ons sal jou laat weet as jy goedgekeur is
- Geen binne parkering beskikbaar nie, uitstallers sal gebruik maak van die “saalhek” in Cornelisstraat vir opstel en afslaan van stalletjies
Keuringsproses
Daar sal ’n keuringsproses deur ’n aangewese komitee wees om produkte goed te keur.
Maak asseblief seker dat die foto’s wat jy instuur dieselfde produkte weerspieël wat jy op die dag gaan verkoop