Waar is dit lekker?

Hier is dit lekker!

Welkom by ons kaalvoet, passievolle plaasskool binne in die stad!

Skooltye:

Indien jy meer inligting verlang aangaande die Gr. R-sentrum, besoek die voorskool se webblad.

Graad 1

  • Maandag: 07:25 – 13:30
    Wagklas: 13:30 – 14:00
  • Dinsdag: 07:25 – 13:00
    Wagklas: 13:00 – 13:30
  • Woensdag: 07:25 – 13:00
    Wagklas: 13:00 – 13:30
  • Donderdag: 07:25 – 13:30
    Wagklas: 13:30 – 14:00
  • Vrydag: 07:25 – 12:45
    Geen wagklas

Graad 2

  • Maandag: 07:25 – 13:30
    Wagklas: 13:30 – 14:00
  • Dinsdag: 07:25 – 13:00
    Wagklas: 13:00 – 13:30
  • Woensdag: 07:25 – 13:00
    Wagklas: 13:00 – 13:30
  • Donderdag: 07:25 – 13:30
    Wagklas: 13:30 – 14:00
  • Vrydag: 07:25 – 13:00
    Geen wagklas

Wagklas

Wagklas is daardie middae wanneer die juniors alreeds uitgekom het, maar die gr. 3- tot gr. 7-leerders steeds onderrig ontvang.  U kind is welkom om in die wagklas te bly.

Geen leerders mag tydens wagklas in die parkie of voor die klaskamers speel nie.

Graad 3-7

  • Maandag: 07:25 – 14:00
  • Dinsdag: 07:25 – 13:30
  • Woensdag: 07:25 – 13:30
  • Donderdag: 07:25 – 14:00
  • Vrydag: 07:25 – 13:00

Wees op die regte plek

Toegangshek:

  • Gr. 1- en gr. 2-leerders word by die hek in 7de Laan op- en afgelaai.
  • Gr. 3- 7-leerders: Hoofhek in Marketstraat

Wees op tyd

Stiptelikheid:

Skool begin alreeds om 07:25 en dit is vir ons baie belangrik dat alle leerders betyds sal wees.  Om 07:20 lui die eerste klok en om 07:25 begin die skool.  Wanneer leerders laat kom, mis hul uit op waardevolle kontaktyd en dit is ook vir hul ‘n groot verleentheid.

Finansies

Skoolfonds en bankbesonderhede:

Stiltetyd, huiswerk en SPEEL!

Naskoolsentrum:

Die naskoolsentrum begin op ʼn Maandag en Donderdag om 14:00, op Dinsdae en Woensdae om 13:30 en op ʼn Vrydag om 13:00 en sluit daagliks om 17:30.  Leerders wat die naskoolsentrum gaan bywoon, sal in ‘n wagklas gehou word totdat die naskoolsentrum begin. 

Naskool is oop gedurende vakansies BEHALWE op openbare vakansiedae en Desembervakansie.

Etes: Daar word nie etes voorsien nie, maar die snoepie verskaf spyskaarte en ouers kan deur die snoepie etes vir leerders bestel.

Sien naskool inligting vir naskoolfonds uiteensetting.

Sien naskool inligting vir lokaal indeling.

Bottelgroen en Oranje

Skooldrag

Somersdrag: Seuns

  • Bottelgroen kortmou skoolhemp met wapen
  • Grys kortbroek
  • Grys kniekouse met oranje en wit strepies op omslag
  • Swart toerygskoolskoene/kaalvoet
  • Bottelgroen trui met oranje en wit strepe om halslyn
  • Bottelgroen oortrektrui met oranje en wit strepe om halslyn
  • Bottelgroen windjekker met skoolwapen of skoolbaadjie. Die skoolbaadjie mag slegs saam met skoene en kouse gedra word.
  • Bottelgroen reënbaadjie mag slegs gedra word as dit reën.
  • Skoolpet om te dra vir beskerming teen son.

Somersdrag: Dogters

  • Wit en groen geruite rok met bottel-groen kraag en mouboordjie omslag
  • Bottelgroen broekie (“skipants”)
  • Kort groen skoolsokkies met oranje en wit strepies op omslag
  • Swart skoolskoene/kaalvoet
  • Bottelgroen trui met oranje en wit strepe om halslyn
  • Bottelgroen oortrektrui met oranje en wit strepe om halslyn
  • Bottelgroen windjekker met skoolwapen of skoolbaadjie. Die skoolbaadjie mag slegs saam met skoene en kouse gedra word.
  • Bottelgroen reënbaadjie mag slegs gedra word as dit reën.
  • Skoolpet om te dra vir beskerming teen son.

Wintersdrag: Seuns

  • Bottelgroen langmou skoolhemp met wapen
  • Skooldas (opsioneel)
  • Grys langbroek
  • Grys kniekouse soos vir somer
  • Swart toerygskoolskoene
  • Bottelgroen trui met oranje en wit strepe  om hals en mou-omslag
  • Bottelgroen oortrektrui met oranje en wit strepe om hals
  • Windjekker met wapen of skoolbaadjie
  • Bottelgroen reënbaadjies mag slegs gedra word as dit reën.
  • Serp, mus en handskoene indien verlang – bottelgroen effekleur
  • Spesiale vergunning dat leerders in die wintermaande hul LO-drag daagliks skool toe mag aantrek. Leerder moet egter in volle skooldrag (winter en/of somer) geklee wees wanneer hul Laerskool Fairland verteenwoordig (bv. Redenaars, ens.) 

Wintersdrag: Dogters

  • Bottelgroen langmou skoolhemp met wapen
  • Skooldas (opsioneel)
  • Gr. 1 – gr. 5:  Bottelgroen langbroek, grys langbroek of donkergroen romp.  Vir gr. 1 tot gr. 3 word die langbroek aanbeveel.
  • Gr. 6 en gr. 7:  Bottelgroen geplooide romp (LW: Romplengte is 3 – 8cm vanaf grond wanneer dogter kniel)
  • By langbroek:  kort bottelgroen skoolsokkies met oranje en wit strepies – tot gr. 7 toelaatbaar.
  • By romp: grys kniekouse met oranje en wit strepies op omslag of swart broekiekouse (78 Decitex) – geen lang “skipants” nie
  • Swart skoolskoene
  • Bottelgroen trui met oranje en wit strepe om hals en mou-omslag
  • Bottelgroen oortrektrui met oranje en wit strepe om hals
  • Windjekker met wapen of skoolbaadjie
  • Bottelgroen reënbaadjies mag slegs gedra word as dit reën.
  • Serp, mus en handskoene indien verlang – bottelgroen effekleur
  • Spesiale vergunning dat leerders in die wintermaande hul LO-drag daagliks skool toe mag aantrek. Leerder moet egter in volle skooldrag (winter en/of somer) geklee wees wanneer hul Laerskool Fairland verteenwoordig (bv. Redenaars, ens.) 

LO-drag: Seuns en dogters

Somer

  •  Groen broek en groen en oranje-hemp met skoolwapen.
  • Tekkies met oorwegend groen/oranje kouse (LO-kouse) – opsioneel in somer.
  • Sweetpak of oranje “fleecy top” mag in koeler weer gedra word.

Winter

  • LO-drag:  skoolsweetpak of oranje “fleecy top”
  • Tekkies met oorwegend groen/oranje kouse (LO-kouse)
  • Groen “skins” onder LO-drag

Die groen/oranje LO-kouse word in die Vere-kas verkoop word.  

Leweransiers

Constantia Skoolklere

Tel.no.: (011) 791-1300
Adres: Hoërskoolsentrum, Malibongwerylaan, Robindale, Randburg
e-posadres: w.vandyk@mweb.co.za

School and Leisure

Tel.no.: (011) 431-0406
Adres: Heathway Square, Beyers Nauderylaan, Cresta, Johannesburg
Webtuiste: www.schoolandleisure.co.za

Burger Broers

Tel.no.: (011) 782-1055
Adres: Beyers Naudelaan 159, Northcliff

Algemeen:

Skryfbehoeftes

Leerders ontvang ‘n lys van benodigdhede en die lyste word op d6 geplaas.

Veiligheid

Daar is voor en na skool ‘n wag wat by al die hekke diens doen.

Sekuritetskameras is in die klasse, op die stoepe en speelterreine aangebring.

 Ons het ‘n baie goeie verhouding met Beagle Watch- sekuriteitsmaatskappy wat gereeld om die skool patrolleer en tydens byeenkomste ekstra wagte om ons skool plaas.  Hulle doen soggens en in die middae ook diens by die brug in Rugbystraat.

Afknou-/Boeliegedrag

‘n Kundige persoon word elke jaar kwartaalliks gereël om met die leerders oor afknou-gedrag te kom praat.  Hulle word ook geleer hoe om teen so ‘n maat/persoon op te tree.

Klas- verteenwoordigers

‘n Klasverteenwoordiger en hulp-klasverteenwoordiger, wat behulpsaam is met die deurgee van inligting aan die ouers, word elke jaar uit die ouers van elke klas verkies.

"Apps"

Soos u reeds bewus is, bestaan die Makro-kaart nie meer nie, maar kan u die “app” ook op u selfoon aflaai.

U kan die MySchool-“app ook nou op u selfoon aflaai.