Om 'n liefde vir leer te kweek!

Akademie

Laerskool Fairland blink uit omdat ‘n hoë standaard van akademiese onderrig en leerervarings aangebied word.

Daar word gefokus op leerontwikkeling en prestasie.  Innoverende en doeltreffende onderrigmetodes word toegepas.  Gr.4-7 leerders se eksamenvraestelle word deur die IEB gemodereer.

Ons akademiese

Missie:

Leerders moet bemagtig word om suksesvolle en aktiewe burgers met kennis en insig van die samelewing te wees.

Jou soektog eindig hier!

Akademiese ondersteuning

en van die ekstra dienste wat ons skool bied, is ons Takbokkie-program, wat deur vier toegewyde opvoeders gedurende skoolure aangebied word.

✅ Gratis diens
✅ Vir Gr. 1- tot gr. 3-leerders wat deur hul klasopvoeders aangemeld word
✅ Klein groepies van 1 tot 4 leerders
✅ Twee sessies per week
✅ Leerders mis nie nuwe klaswerk gedurende die sessies nie

Die program fokus op:

Afrikaans
• Klanke
• Spelling
• Leesvaardigheid
• Sinsformulering

Wiskunde
• Begrippe
• Konsepte
• Bewerkings

Ons ondersteun nie net akademiese groei nie, maar help ook om leerders se selfbeeld, selfvertroue en welstand te ontwikkel. By Laerskool Fairland glo ons dat elke leerder die geleentheid moet kry om te groei, ontwikkel en floreer.

Akademiese Vakke:

Graad R

  • Afrikaans
  • Wiskunde
  • Lewensvaardighede

Graad 1-3

  • Afrikaans
  • Engels
  • Wiskunde
  • Lewensvaardighede
  • isiZoeloe

Graad 4-6

  • Afrikaans
  • Engels
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe
  • Sosiale Wetenskappe
  • Lewensvaardighede

Graad 7

  • Afrikaans
  • Engels
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe
  • Sosiale Wetenskappe,
  • Lewensoriëntering
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe
  • Skeppende Kunste
  • Tegnologie

Ons stap die ekstra myl!

Robotika

Die doel is om tegnologie te ontwikkel wat kan bydra tot die outomatisering van prosesse, die verbetering van produksie-effektiwiteite en lewenskwaliteit deur nuwe toepassings en dienste.

Fairland Kurrikulum:

Daar word nie net klem gelê op akademiese Prestasies nie, maar moedig ook deelname aan buitemuurse aktiwiteite aan, soos sport, kultuur en gemeenskapsdiens.  Dit alles dra by tot die holistiese ontwikkeling van die leerders.

Die hart van ons akademie:

Mediasentrum

Ons mediasentrum is ‘n dinamiese omgewing wat fokus op ondersteuning van leerders se leer en navorsing asook die bevordering van ‘n liefde vir lees en leersame samewerkings.

Wat maak Laerskool Fairland uniek:

Uitnemende Opvoeders

Ons beskik oor ervare en bekwame personeel wat passievol is oor hul vakgebied.  Personeel is toegewyd daaraan om leerders te inspireer en te help om hul volle potensiaal te bereik.

Akademiese Hulpbronne

Interaktiewe borde – digitale bronne en materiale wat dien as die kern van die onderrig- en leerproses.