Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)
Beter, groter en meer populêr, Super Onniesimposium is terug!
Dit maak nie saak of jy die hoof, onnie, assistent of selfs die geliefde admin-tannie is nie. As jy deel is van die onderwyssektor, wil jy nie die geleentheid mis nie!
Die jaar het ons lyne gekruis met van die beste motiverendesprekers, onderwysmentors en industrie liefhebbers.
Hoe, wat en waar:
Doelwit:
Die daarstelling van ‘n geleentheid vir pedagoë om sielsverrukking te ervaar en met nuwe moed en ywer hulle skoene te gaan volstaan in die klaskamer waar omstandighede dikwels uitdagend is.
Tema:
Gekruiste Lyne
Wie:
Dit maak nie saak of jy die hoof, onnie, assistent of selfs die geliefde admin-tannie is nie. As jy deel is van die onderwyssektor, wil jy nie die geleentheid mis nie!
Tyd en datum:
Vrydag 26 Julie 2024
+14:00 tot laat
Saterdag 27 Julie 2024
+08:00 – +15:00
Soveel meer as net 'n "goodie bag"
Simposium sluit die volgende in:
Inspirerende praatjies vir 2024
Inspirerende praatjies gaan gelewer word deur die volgende bekende sprekers van Suid-Afrika:
- Lynette Beer – “Seeds of inspiration” – Motiveringspreker
- Nicky Abdinor – Motiveringspreker
- Dr. Gillian Arendse – Motiveringspreker
- Riaan Manser – Motiveringspreker
- GP van Rheede van Oudshoorn – Motiveringspreker
- Rian Truter – Onderwysmentor in Suid-Afrika
Goodie Bag
- ‘n Super-onniesimposium T-hemp
- ‘n ‘Goodie bag’ vol verrassings.
Verversings
Verversings, koffie en tee; ligte middagete (Saterdag)
“GEKRUISTE LYNE” Funksie
‘n Funksie Vrydagaand 26 Julie. Dit sluit n driegangmaaltyd in.
Ons tema is: “GEKRUISTE LYNE”! Simposiumgangers is baie welkom om volgens die tema aan te trek.
Jou veiligheid is belangrik vir ons!
Oornagverblyf:
Oornagverblyf is nie ingesluit by die prys per persoon nie. U moet u eie verblyf bespreek.
Ons beveel ten sterkste aan dat simposiumgangers waar moontlik, by óf naby Glenburn Lodge sal oornag.
Glenburn lodge – 011 668-1600 / 1629 – Lelanie Tester
Gebruik kode woord “Super -onniesimposium vir spesiale tariewe.
Ons gee om:
Koste
R1 650.00 per persoon
Daar is slegs ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar (200). Om u plek te verseker en teleurstelling te voorkom, moet u so gou doenlik die meegaande skakel voor of op 20 April 2024 voltooi.
‘n Deposito van R300.00 per persoon sal betaalbaar wees, maar ‘n faktuur in die verband sal aan u per e-pos gestuur word.