Kom geniet ‘n heerlike drie-gang maaltyd saam met die een en enigste Pieter Willem Eksteen van Bartho Eksteen Wine Estate in die bekroonde Hemel-en-Aarde Vallei.

Ons belowe jou ‘n aand gevul met lag, lekker kos en uitstekende wyn –
alles ter ondersteuning van ‘n uitstekende saak.

Misterieuse veilingsitem

Bepalings & voorwaardes:
1.⁠ ⁠Die misterieuse veilingitem kan bekom word deur ‘n minimum donasie van R100 en hoër te maak.
2.⁠ ⁠Die skakel vir donasies is op die webtuiste. https://laerskoolfairland.co.za/ala-wereld/
3.⁠ ⁠Baie belangrik: gebruik “ALAWERELD” as verwysing.
4.⁠ ⁠Herhaalde donasies kan deur dieselfde persoon gemaak word, aangesien alle donasies in ag geneem gaan word en as totale bedrag beskou gaan word. Dieselfde naam, van en e-pos adres moet gebruik word wanneer meer as een donasie gemaak word.
5.⁠ ⁠Die donasies is reeds oop en sal op 21 Junie 2025 om 20:00 sluit
6.⁠ ⁠Die skool se beslissing is finaal.
7.⁠ ⁠Die wenner sal tydens die Ala-wêreld funksie aangekondig word.

Maak 'n donasie HIER!

Sien julle daar!