Tennis (1ste – 4de kwartaal)

Tennis vorm ʼn integrale deel van die buitemuurse aktiwiteite.  Daar word gepoog om soveel moontlik leerders te laat tennis speel om sodoende liefde vir die sportsoort te kweek. 

Tennisoefening vind weekliks plaas wat spelers die geleentheid bied om hul aangeleerde vaardighede toe te pas en uitdaagwedstryde te speel.  Spelers ontvang privaatafrigting by verskeie afrigters buite skoolverband.  Afrigting by die skool word deur Kinetik-tennisakademie behartig.

Kinetik-tennisakademie behartig die ontwikkeling van die gr. R- tot gr 3-leerders in skooltyd.

Hierdie leerders speel ook jaarlikse interne rondomtalie-toernooie om die ranglys te bepaal.

Start typing and press Enter to search