Rugby en TAU-rugby (1ste en 2de kwartaal)

Laerskool Fairland het ʼn tradisie van puik rugby en ons is trots op die roemryke verlede en hedendaagse prestasies van ons rugbyseuns. Rugby word met groot entoesiasme gespeel.  Ons speel TAU-rugby en vyftienman-kode, waar daar liga- en vrienskaplike wedstryde plaasvind.  Spelers kan verder uitblink deur gekies te word vir o/11-, o/12- en o/13-streekspanne(Superliga) asook Gautengspanne.

Vyftienman-kode:

o/8A&B-; o/9A&B-; o/10A&B-; o/11A&B-; 4de-, 3de-, 2de- en 1ste spanne

TAU-rugby

Vir seuns o/7 is daar TAU-rugby waar die klem op pret en deelname val.  Die reëls is aangepas en vereenvoudig om dit maklik verstaanbaar vir spelers te maak.  Ons neem deel aan toernooie wat strek oor 5 weke en vriendskaplike wedstryde word teen ander skole gereël.

Ons bied ook ons eie Laerskool Fairland mini-toernooi, wat oor twee weke strek, aan.

Start typing and press Enter to search