Netbal en Mini-netbal (1ste en 2de kwartaal)

Laerskool Fairland het ʼn tradisie van puik netbal en ons is trots op die roemryke verlede en hedendaagse prestasies van ons netbaldogters.  Netbal is een van die min sporte wat dogters van 6 tot 13 jaar kan beoefen en geniet.  Speelsters word blootgestel aan proewe en kan opgeneem word in D10-, Suid-Gauteng- en Gautengspanne.

Vir dogters o/6 tot o/8 is daar mini-netbal waar die klem op pret en deelname val.  Die reëls is aangepas en vereenvoudig om dit maklik verstaanbaar vir die spelers te maak.  Ons neem deel aan mini-netbaltoernooie en vrienskaplike wedstryde word teen ander skole gespeel.

Fairland bied ook ons eie mini-toernooi, wat oor 2 weke strek, hier op ons velde aan. o/9-spelers neem aan die verpligte D10-liga deel. Die o/10-o/13 (A-C)-spanne speel in die JOMO-liga en kan sodoende op o/12 en o13-vlak vir Gauteng uitspele kwalifiseer.

o10/-o/13-D-spanne speel in die D10-liga

Start typing and press Enter to search