NASKOOLSENTRUM
Met stygende brandstofpryse en al hoe meer ouers wat voldag werk, speel ons naskoolsentrum ‘n al hoe belangriker rol. Ons bied ‘n rustige omgewing waar u kind kan studeer en ontspan onder die bekwame toesig van ons voltydse personeel en onderwyspersoneel.
‘n Middagprogram word gevolg en leerders kry die geleentheid om tuiswerk onder toesig en met die hulp van die personeel te doen.
Naskoolure:
Kwartaal: Begin direk na skool tot 17:30
Vakansietye: 07:00 tot 17:30
Die naskoolsentrum is gesluit gedurende die Desembervakansie en gedurende skoolvakansiedae.
SNOEPIE
Gedurende pouses en na skool word kos en snoeperye by ons moderne en goedtoegeruste snoepwinkel verkoop. Leerders kan voor skool hul bestelling plaas. ‘n Groot verskeidenheid produkte word aangebied.


Varsgemaalde koffiebone word gebruik vir:
CAPPUCCINO
SACHETS ook beskikbaar:
Nescafe Vanilla Latte
Nescafe cappuccino with chocolate
Nescafe cappuccino hazelnut
Nescafe cappuccino decaf
Nescafe cappuccino unsweetened
Nestle hot chocolate
TEE
Five Roses
Earl Grey
Five Roses Green tea
Rooibos
