Krieket en Mini-krieket (3de en 4de kwartaal)

Laerskool Fairland beskik oor uitstekende krieketfasiliteite wat nege krieketnette, 2 boulmasjiene met nette en ander apparaat insluit.  Elke leerder kry dus die geleentheid om ten volle volgens sy vermoë te kan ontwikkel.

Spelers kan verder uitblink deur gekies te word vir o/9- tot o/13-streekspanne asook Gautengspanne.

Leerders tussen die ouderdom van 6 en 8 jaar kan aan Mini-krieket deeneem.  ʼn Verskeidenheid van vaardighede en tegnieke, asook die spelpatroon word aangeleer.  Die klem val op genotvolle deelname en slegs vriendskaplike wedstryde vir o/7- en o/8-spanne vind in die vierde kwartaal plaas.

Daar word jaarliks o/8-spelers geïdentifiseer om aan hardebal-krieket deel te neem.

Hierdie spelers neem daan saam o/9-o/11(A-C), asook 1ste-, 2de en 3de-spanne aan die ligawedstryde in Johannesburgse Noordwes-streek deel.

Start typing and press Enter to search