Hokkie (3de kwartaal)

Fairlandhokkie word met entoesiasme gespeel.  Kursusse word jaarliks aangebied om deelnemers se vaardighede te ontwikkel en uit te brei.

Ons bied ook seunshokkie vanaf 2012 aan.

Beide seuns- en dogterspanne vanaf o/10 tot o/13 neem deel aan ligawedstryde in die D10-streek.

Daar sal ʼn o/9-ontwikkelingspan wees vir seuns wat slegs blootgestel word aan vaardighede.

Spelers word blootgestel aan proewe en word opgeneem in D10-, Suid-Gauteng- en Gautengspanne.

Oopspanne kan ook jaarliks vir die Best of the Best – Uitspele kwalifiseer.

MINI-HOKKIE

Fairland se mini-hokkie begin van die ouderdom van o/7 dogters tot met o/9 dogters en die seuns vanaf o/9.

Laerskool Fairland bied jaarliks ‘n toernooi aan, wat strek oor twee weke, hier op ons velde aan, waar daar oor die 60 spanne van skole regoor die D10-streek deelneem.

Vriendskaplike wedstryde word voor die toernooi gereël sodat elke speler genoeg blootstelling kry.

Start typing and press Enter to search