Atletiek (1ste en 4de kwartaal)

Die atletiekseisoen skop af met die huissportbyeenkoms aan die begin van die jaar.  Leerders blink verder uit deur gekies te word vir die D10-span wat aan die Gautengkampioenskap en ook die Suid-Afrikaanse kampioenskap deelneem.

Voorbereiding vir die atletiekseisoen begin reeds in die 4de kwartaal.

Leerders kan aan die volgende items deelneem:


Naellope

Hekkies

Middelafstande

Hoogspring

Verspring

Gewigstoot

Spiesgooi

Diskus

Die jaarlikse huissport word opgevolg met verskeie vriendskaplike byeenkomste, asook die Top 20 te Ruimsig, waar daar sowat 30 skole is, wat onder andere Pietersburg en Nelspruit insluit.

Start typing and press Enter to search